Bekende prentjie van Monument Valley.
Oppad Monument Valley toe het ons verby die 'Mexican Hat' gery. Ek het gedink dit is heel toepaslik vernoem.
PJ span uit na 8 ure op die pad op ons hotelkamer se balkon.
Amerikaners is tog so trots op hulle vlag. Dit hang orals. Hier is hy ook by die Hotel net voor die John Wayne huisie.
Baie bekende 'Western" flieks is hier gemaak. Hier is PJ by John Wayne. PJ het ges^e dat hy John Wayne se broer "Brande-Wayne" ook al per geleentheid ontmoet het.





No comments:
Post a Comment