Thursday, February 12, 2009

Oppad Houston toe in 'Chuck'

Ons het vanoggend opgestaan met die gedagte dat ons 'n kar wil huur om die tog na Texas aan te pak. Na ondersoek ingestel is en PJ herstel het van die skok van huurkar pryse, het ons besluit om die 'used automobile' industrie in New Orleans te leer ken. Om 'n lang storie kort te maak.....het ons vir Chuck (aka Chuck Norris) aangeskaf. Wie weet wat Chuck al alles ervaar het met die 200 000 myl op sy klok, maar ek en PJ het vir hom 'n nuwe wortel gegee wat ons hoop hy sal kan ruik tot in San Francisco. Om Chuck se aansluiting tot ons span te vier het ons 'Hooters' gaan besoek......

No comments:

Post a Comment