Vandag was 'n heel opwindende dag in Memphis. Ons het die oggend begin deur eerste by Granceland 'n draai te gaan maak. Elvis gees is oral in Memphis en ons moes dit van nader gaan bestudeer.
Onder is die ingang na Elvis se huis waarin hy vir 20 jaar gewoon het vanaf 1957.
PJ is hier in Elvis se sitkamer. Blykbaar was die gedeelte van die huis reeds toeganklik vir die publiek terwyl hy nog gelewe het.
Hierdie vetrek hieronder het nogal my oog gevang. Die kleurskema is geel en navy blou. Die kussings is vol 'sequences' en hy het drie TV stelle(een vir elke nuus kanaal) gehad. Die hele interior was natuurlik hoog mode gewees vir die 70's en is deur profesionele ontwerpers gedoen. Ek is net bly dat modes wel verander het van daardie tyd tot nou.
Foto van sy agterplaas waar hy paar perde aangehou het....sien ook die koue wat ons heeldag moes trotseer.
Hierdie is 'n lang gang waar van sy toekennnings hang. Ek het nooit besef dat die man soveel toekennings verwerf het vir sy werk nie. Hy was ongelooflik talentvol!
Hieronder is nog toekennings, en van die interessante uitrustings waarin hy sy verskyning op die verhoog gemaak het. Ek sal summier onterf word van my familienaam indien ek ooit in so pakkie verskyn...hoeveel te meer kontroversieel moes dit nie in sy tyd gewees het nie.
PJ probeer die Elvis 'look' uit.....'sorry' my man, maar ek hou meer van jou huidige oorspronklike styl. Jy het net 'n blokkieshemp en kakie broek nodig.
Ons het gisteraand toevallig op die nuus gesien dat hier 'n groot tennis toernooi in Memphis aan die gang is. Ons het sommer vanoggend gou gery na die stadion toe en vir ons kaartjies gaan koop vir die wedstryd tussen Sharapova en 'n ene Perry wat hulle vanaand gespeel het. Hier is paar foto's. Sharapova het die wedstryd 6-0, 6-2 in minder as 'n uur gewen.
En ja, dames.....sy lyk so goed in die regte lewe soos op TV. Geen selluliet.














No comments:
Post a Comment