Friday, February 27, 2009

Oor Hollywood, statistiek en bullshitting

Ons was vandag by Universal Studios in Hollywood waar soveel bekende flieks gemaak is en steeds word. Dit is ongelooflik om te sien hoe die ouens jou eintlik 'n rat voor die oë draai op die groot skerm. Toe ons daar aankom vra iemand ons: "Wat wil julle sien?", amper soos 'n statistiekus wat jou vra: "Wat wil jy hê moet die antwoord wees?". Landskappe, stede en geboue word perfek nagemaak sodat die ouens flieks daar kan maak. Ek gaan nooit weer glo wat ek op TV sien nie.     

Hieronder is Celeste by Universal Studios se ingang:

Jaws het nog nie gevrot nie, hy hang nog daar:


Hier is Celeste in Frankryk:

Ons het ook deur Jurassic Park met 'n bootjie gery:

Hieronder is 'n videoclip van die einde van die bootrit (PG-16):

Shrek was ook daar:


1 comment:

  1. Oeeeeee, Reinout is jaloers!!!!
    Het net hierdie week Shrek 3 in die huis. Hy is nog steeds 'n groot fan!

    ReplyDelete