Friday, February 27, 2009

Universal Studios Hollywood

Hollywood kan enige iets namaak. Hier is PJ in Engeland...die blou boekwinkel van Nottinghill is regs agter hom.

Hierdie lyk net na gewone store of fabrieke....maar nee, binne hierdie outjies word al die flieks gemaak op nagemaakte 'stelle'.

PJ langs Marilyn Monroe. Sy het heeldag met haar melkskommel pienk mobiel daar rondgery. PJ het gevra vir 'n soentjie maar sy wou nie haar lipstiffie smeer nie.

Jaws val ons aan!

..twee sekondes later..

Wisteria Lane klink bekend? Dit is die straat waar al my 'Desperate Housewife' vriendinne woon. Hier is Edie se huis.

Lynette se huis.

Suzanne se huis.

Gabriel se huis.

Wisteria Lane soos ons daar wegry. Wens ek kon 'n koppie tee drink saam met die dames. Hulle is hoeka besig om die nuwe reeks te verfilm.

No comments:

Post a Comment