Sunday, February 15, 2009

San Antonio na Roswell

Ons het vandag van San Antonio na Roswell gery. Dis redelik wyd uit mekaar - so 800km. Roswell is die dorp waar die bekende Roswell insident plaasgevind het toe die ouens oorblyfsels van 'n UFO gekry het. Die Amerikaanse regering het skynbaar die storie probeer doodvee.

Ek oordeel nie meer mense wat vreemde "sightings" rapporteer na die slag wat ek vir Elvis voor die ouetehuis op Riebeek Kasteel gesien het nie. Elvis is alive and well, al is sy tree al kort.


No comments:

Post a Comment