Ons het vanoggend in Austin, hoofstad van Texas wakker geword. Vandat ons hier aangekom het is dit nogal interessant om die mense dop te hou..veral die hillbilly soort natuurlik... Ons oggend het dus afgeskop met vermaak toe ons by die hotel uitboek.....
...boonste foto met zoom op dit wat saak maak hieronder...
Moontlik is dit Dolly Parton se niggie (net sonder die chirurgiese veranderinge en al die grimering) Die haarstyl het ek natuurlik laas in die 80's gesien saam met die gevlokte denim..nog voor die kaasdoek hemp se dae. Wel, ek was toe wawyd wakker om na die 'Capital gebou' te gaan kyk van Texas.
Ons het sommer 'n 'self toer' gedoen daar binne. Dit is 'n baie mooi gebou met baie geskiedenis. Wat ons nogal opgemerk het is die feit dat daar geen sekuriteits kontroles was nie en dat ons sonder toesig deur die hele gebou kon gaan. Ons gevolgtrekking: "niemand is bang in Texas nie".
PJ hier bo saam met George Bush.
Ek het probeer om die ongelooflike mooi koepel van binne af te neem.
Voor ons die pad gevat het Belton toe, het ons gou 'n stop gemaak by Canvender's. Dit is 'n regte 'cowboy' winkel en jy kan enige iets hier kry wat 'n Cowboy ooit mag nodig kry: hoede, boots, hemde, toue, 'aftershave'...ens
Van die 'boots' daar binne.
Ek met 'n 'cowgirl' hoed.
Die aanpaskamers "Texas style'.









No comments:
Post a Comment