Saturday, February 20, 2010

Chicago hier is ons!

Ons het vandag in Chicago aangekom in koue weer en sneeu wat nog langs die paaie l^e na verlede week se erge sneeu storms. Op hierdie oomblik is ons nog net 4 ure in Chicago, en dit is vinnig besig om in een van die hoogtepunte van ons toer te verander! Hier is net iets aan hierdie stad. Nie seker wat dit is nie, maar mens voel dit net. Die argitektuur is ongelooflik mooi en dit gee nie eers om dat daar nie een lentegroen blaar aan die rye bome langs Michigan Ave is nie.

Hieronder 'n foto in Millenium Park en een van vele kreatiewe opelig moderne ontwerpe.

Die gladde silwer boontjie waarheen almal stroom om die weerkaatsing van hulself en die Chicago stadshorison te sien. Het paar 'fun' foto'sdaar geneem en sal verseker weer terug gaan voor ons weer die pad vat.

No comments:

Post a Comment