Wednesday, February 17, 2010

Die Kolonel van Kentucky

Ons was die afgelope twee dae letterlik die heeltyd op die pad. Ons het vanoggend in Clarkesville, Tennesee weggetrek, deur die hele Kentucky gery en slaap vanaand in Lawrenceburg, Indiana. Ek kon nie regtig iets vertel van Clarkesville (waar ons gisteraand geslaap het) nie aangesien daar nie iets is om te vertel nie. Amper soos Pofadder daar aan die Suidpunt van Afrika. Ons het besluit om ten minste een stop in Kentucky te maak, en dit was Louisville. Ons wou graag meer uitvind oor Kentucky Fried Chicken. Dit was dadelik duidelik dat Die Kolonel sy stempel hier afgedruk het, toe die stad ingery is. En nee, daar was nie hoenders in wit en rooi pakkies oral langs die pad sigbaar nie, dit was net die groot prent van DIE KOLONEL wat teen die gebou geverf was.

By die toeriste sentrum in die middestad van Louisville het Die Kolonel gestaan en wag vir ons met 'n lekker vars 'berryl'.

PJ het homself eerste gehelp aan 'n stukkie 'berryl' hoender gemaak van die geheime bestandele.

En ek het net dankie ges^e op 'n goeie afrikaanse manier.

Ons het na 5 ure op die pad uiteindelik in Lawrenceburg aangekom en sien uit na paar dae van lekker ski.

No comments:

Post a Comment