Wednesday, February 10, 2010

Houston na Austin

Ek en Celeste het vanoggend 'n ou gaan sien wat van ons krane wil koop en daarna in die pad geval Austin toe. Ons het met die agterpaaie gery en 'n paar keer gestop om die wêreld te bekyk. Dit het baie gereën oppad hierheen en dit is geweldig (moer) koud hier. Die Amerikaners praat van die grootste koue sedert die 30's - ons luck.

Ons het laat middag so bietjie deur die middestad gery in Austin en ons was by die tourist info gewees om ons dinge vir môre te beplan. Ons hoop om 'n rodeo môre aand noord van Austin by te woon en daarna wil ons deurskiet Dallas toe.

Die rooi bus loop mooi. Celeste het hom ook gery vandag - sy bestuur hom so aangee-aangee soos oor'le Oupa. Sy beweer dit is definitief die grootste ding wat sy nog ooit bestuur het. Hieronder is 'n foto.




1 comment:

  1. Hey! Goeie werk om die business en pleasure te meng met die krane!!

    Wys bietjie foto's van hoe Austin lyk?....En WalMart

    Geniet dit julle!!

    ReplyDelete