Tuesday, February 9, 2010

Billie

Ons het bietjie laat vanmiddag eers kans gekry om vir Billie af te neem en ons moes dit in die hotel se parkeerarea (langs 'n snelweg) doen, so die klank en beeld is nie wonderlik nie maar hier is die bul:



Dit is 'n club-cab, so hy het deure wat oopswaai om by die agterste sitplek uit te kom. Ons het die agterste sitplek opgeslaan sodat ons tasse en ander bagasie daar kan inpas.

Vir die ouens wat wonder waar kom die beautiful klank op die video vandaan - hier is hulle, al 8 van hulle:

Die ou se pype kom langs die propshaft (so dik soos 'n lorrie se propshaft) uit. Dit is min of meer reg onder die kajuit, so ons kan heeltyd op die langpad na die enjin sit en luister:

Billie is 4-wiel trek en die ouens het hom bietjie gelig ook net vir ekstra beweeg ruimte. Check die spacer onder die vere:

Hieronder is die gelukkige nuwe eienaar van die stukkie ingenieurswonder:

Celeste demonstreer hieronder die spasie agterop die bak:

Vir die ouens wat dit nog een keer wil hoor, hier is dit weer:



Ek onderneem om beter klank oor die volgende klompie dae op te neem.

Ons moes vandag 'n klompie admin afhandel in Houston voor ons in die pad kan val môre. Ons het onder andere in Walmart gaan inkopies doen vanoggend en vanmiddag het ons Billie se olie geruil en sommer 'n paar ander klein probleme laat uitsorteer. Môre sien ons 'n klient wat in ons krane belangstel aan die weste kant van Houston voordat ons gaan begin ry om môre aand in Austin te wees.



1 comment: