Sunday, February 14, 2010

Memphis

Ons het vandag vanaf Little Rock gery Memphis toe. Ons sien nogal uit om Elvis te sien (aangesien hy mos nog lewe).... Ons het eers laatmiddag hier opgedaag in ysige weer. Hopelik is die sneeu binnekort ook hier.

Ons het vinnig deur die bekende Beal straat gaan stap wat die ekwivalent van Bourbon street vir New Orleans is.

Hieronder is PJ voor BB King se plek.

PJ het gevra dat ek die lang 'hummer' afneem wat voor ons gery het.

Ons het hierdie bord hieronder gesien toe ons in die stad inry. Dit is so tipies Amerikaans! Hier adverteer hulle 'n begrafnis paket wat 'n staal kis insluit! Ek verstaan dat in hierdie leeu w^ereld is dit 'survival of the fittest' maar hierdie span die kroon. Die een se dood is die ander se brood...word letterlik hier uitgebeeld.

No comments:

Post a Comment