Saturday, February 13, 2010

Dallas All Stars Naweek

Hierdie naweek is die 'NBA All Stars weekend' in Dallas. Wat dit behels is dat die hele land se beste 'basketball' spelers bymekaar kom iewers in die land vir 'n hele naweek van 'af show'. Ons het Vrydagaand na die'rookie challenge & youth jam' gaan kyk. Dit is die jong onervare spelers wat teen mekaar speel en rustye is daar kompetisies vir skoolkinders om doele te gooi. Dit was baie interessant gewees om te sien hoe die Amerikaners dit doen. Alles is groter en beter. Daar was gereeld rustye waar bemarking plaasvind en onderhoude gevoer word. Verseker baie anders as hoe ons sportwedstryde ken.

Hieronder is PJ voor die American Airline Center waar die wedstryde plaasvind.

Buite is groot skerms op van wat binne die gebou aangaan. TNT is die TV kanaal was alles lewendig uitgesaa het van die stadion.

Binne die stadion. Ons het redelik ver van die aksie gesit.

Natuurlik was die toeskouers vir hierdie sport ook baie interessant... Mens kan hulle by Walmart in die donut afdeling sien, of by 'n NBA basketbal wedstryd.

No comments:

Post a Comment