Ons het vanoggend Chicago agter gelaat en weer in die pad geval . Wat 'n ervaring! Ons het deur 'n erge sneeustorm gery en moes baie plekke net 30km/h op die snelweg ry. Ons algeme rigting is na New York toe, maar dit sal ons so paar dae neem om daar uit te kom. Dus 'entertain' ons onsself maar so langs die pad. Hieronder het ek die sneeu op die pad ook probeer vasvang.
Ons was in die 'Indiana Sand Dune Lakeshore National Park'. Wel, ons kon geen 'lake' sien nie en ek het maar die wit massa net afgeneem hieronder.
Billie op die pad wat hy moet trotseer.
Ons reis vir die dag het skielik geeindig nadat Billie 'n snaakse kla geluid begin maak het. Aangesien al die kardokters reeds toe was moes ons maar die naaste hotel vind en hoop om moreoggend eerste ding iemand te kry wat ons sal kan help. En o, ja...ons bevind onsself in Kendallville....huh?






Hi daar julle 2! Is Billie alweer 'on the road' of sukkel die dokters nog?
ReplyDeleteNou verstaan julle ook wat se sneeu ons die afgelope maande deurgemaak het. Julle kon net so goed al die foto's hier geneem het! dit begin bietjie warmer word hier en al die sneeu is weg en dit is omtrent hoofnuus, behalwe Sven Kramer wat ge diskwalifiseer is om die 10 km in Vancouver. Almal hier is in rou...
Mooi bly en geniet dit verder!
L