Sneeu, sneeu en nog sneeu. Die hele wereld was wit gewees vanoggend toe ons opstaan en hoe ongelooflik mooi was dit nie gewees nie. Dus, meeste van ons dag was binnenshuis spandeer gewees. Ons het die oggend begin met 'n vinnige besoek aan die Museum vir kontemporere fotografie. Dit het ons presies 10 minute besig gehou aangesien die uitstalling nie werklik ons aandag kon behou nie. Daarna het ons na die Imax teater by die Navy Pier gegaan en Avatar in 3D gaan kyk.
PJ onder met sy brille, reg vir aksie.
Die dag is afgesluit met 'n besoek aan die 'Green Mill' Jazz klub. Dit het voorheen aan Al Capone behoort en blykbaar het hy al sy drank onder in 'n stoor onder hierdie gebou weggesteek. Aangesien Chicago weg wil beweeg van sy 'Gangster' beeld, is daar geen toere of pamflette beskikbaar om meer uit te vind hoe die Mafia en bendes jare gelede die stad regeer nie. Ons het dus maar die Jazz aand gesien as ons deel om Al Capone beter te leer ken.
Die 'band' wat op die verhoog besig was om intense jazz note aanmekaar te flans. Definitief nie ons smaak nie.
Verder paar foto's van die spierwit wereld wat deur die dag geneem is.






No comments:
Post a Comment