Sunday, February 21, 2010

Chicago

Ons het vandag lekker ver in die middestad van Chicago gestap. Dit was erg bewolk heel dag en hulle voorspel sneeu vir vanaand. Een van die eerste goed om te doen in Chicago is om natuurlik in die Sears Tower op te gaan. Dit is die hoogste gebou in Amerika. Alternatiewelik kan mens by die John Hancock Center opgaan soos hieronder aangedui. As mens mooi kyk kan mens sien dat die boonste gedeelte van die gebou in die wolke is. Ons het in elke geval opgegaan net vir die idee daarvan, maar kon glad nie mooi foto's neem a.g.v die weer nie.

Die 'Apple Store' is ook besoek met hulle 'Genius's' wat veronderstel is om enige vraag rakende die Apple produkte te kan antwoord. Dus, as student kan jy besluit jy werk as waitress by 'n restaurant, of jy kan by die 'Apple Store' gaan werk en as 'n Genius bekend staan.....

Hier staan PJ voor die Genius Bar met 'n Genius agter die toonbank.

Ons het weer verby die reuse silwer boon gestap...en ek moes hom net weer afneem.

Laatmiddag het ons vir Billie gevat en verby paar bekende plekke in Chicago gery. Een van die plekke was die heel eerste 'Playboy Mansion' waar Hugh Heffner voorheen gewoon het. Tans bestaan dit uit privaat woon eenhede, so ons kon ongelukkig nie ingaan nie.

Harpo Studio's was ook op die roete gewees. Het eintlik meer verwag. Dit lyk soos een groot stoorhuis in die industriele gebied. Sal later in die week probeer om in te gaan aangesien dit vandag toe was.

No comments:

Post a Comment