Hier is 'n clip van 'n ou wat 'n bul ry (ek het die bul se naam vergeet) maar die bul is 'n kleinseun van 'n baie beroemde bul met die naam van Bodacious. Die ouens het vir Bodacious 3 jaar na rodeos geneem maar niemand kon die verlangde 8 sekondes op hom bly nie. Ek lees dat Bodacious dit homself aangeleer het om twee keer op sy voorpote te spring en dan sy kop agteroor te gooi sodat hy die ruiter disnis slaan. Hier is 'n clip van Bodacious se hits: http://www.youtube.com/watch?v=ugMLUE1fDkE. Sy keinseun was nie so impressive nie maar ook lekker om te kyk - sien hieronder:
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment