Wednesday, March 3, 2010

10 jaar later

Ons was vir 'n trip down memory lane vandag gewees. Ek het presies 10 jaar gelede vir 'n paar maande in D.C. gebly vir my swottings. Ons het na die huis waarin ek 'n kamer gehuur het gery en ook by die boekwinkel waarin ek baie uitgehang gaan inloer.

Hieronder is die huis, 10 jaar gelede, voor en na dit gesneeu het:

Hier is hoe dit vandag gelyk het:

Niks het eintlik wesenlik verander nie - selfs die ou boot staan nog waar hy gestaan het. Ek het ook 'n "self-foto" destyds van myself geneem voor die huis, en dit ook vandag gedoen. Spot the differences:

Celeste sê die grootste verskil is dat ek nou twee wenkbroue het, iets wat sy baie noukeurig polisieër.

Ek het destyds altyd oor naweke in die Barnes & Noble boekwinkel uitgehang oor naweke om die tyd om te kry. Ons was vandag weer daar:


1 comment: