View Larger Map
Google wys die hele roete as 2,756 myl. Billie se klok wys so 3,300 myl saam met al die rondry.
Ek het vir Billie op Craigslist geadverteer verlede Sondagaand. Hier is 'n link na die advertensie. Letterlik 15 minute na ek die advertensie geplaas het, het die eerste ou gebel wat belangstel. Ek het toe 4 ouens opgelyn om te kom kyk na die bakkie vanaand. En, die tweede ou het besluit om vir Billie oor te neem vir $3,000. Ons netto koste aan Billie vir die trip is omtrent $1,600, heelwat minder as die +/-$5,000 wat dit sou gekos het om 'n kar te huur vir die trip. Dinge het nogaal vinnig gebeur en die video hieronder is die laaste beeldmateriaal wat ek van ons werksesel het:
Celeste het nie eers kans gehad om die ou te groet nie en is nogaal teleurgesteld. Ek moes gaan tee haal om haar op te beur.
Hier is een laaste audio clip van Billie se stem toe ons vanmiddag deur 'n tolhek gery het:
Ons is in D.C. tot Sondagmiddag wanneer ons vlug terug Suid-Afrika toe is.
Hi, dit is half hartseer vir my. Hoop julle het dit geniet. Wil alles hoor as julle terug is.
ReplyDelete