Monday, February 8, 2010

Aangename kennis Billie.


Vandag is ek gekonfronteer met die fyn lyn tussen zef en 'nie-zef' nie. PJ het baie stemme gekry vir die geel mobiel wat hy gister gewys het (=zef).....wel, gelukkig was sy meganika nie so stabiel nie en is daarteen besluit. (Ons neem aan die zeffer wat hom voorheen gehad het het gereeld gaan 'dice' met hom tussen baie 'pot holes'). Maar dit het my weereens laat wonder "waarmee het ek getrou?" Ek weet PJ is van Klersdorp af..maar was die grappies van 'blok en tackle' in die voorjaart net grappies gewees? Gelukkig het ons afgekom op 'n beter opsie as die geel zeffer wa. Ons stel bekend: Billie. Ons nuwe toergids vir USA 2010. Aangesien Billie eintlik ook nie so onskuldig is nie (verwysend na die eienskape van Zef) het ons gedink dit sal goed pas by die 'hill billy' term wat hier in Amerika gebruik word. Ons het net 'n afrikaanse 'twist' aan Billy gegee...dus Billie.



Ons het Billie by 'Kiefer Sutherland' gekoop.....of in elk geval iemand wat baie soos hy lyk.


Ons sluit die dag af by 'Papa's BBQ' waar alles op die Texas manier gedoen word. Groot bakke vleis, groot glase koeldrank en puik 'country musiek' in die agtergrond.





No comments:

Post a Comment