Na 'n paar dae en klomp ure op die lang pad is ons uiteindelik in New York...wel soortvan.Ons slaap in New Jersey, net wes van Manhatten. Ons moet begin planne maak om vir Billie nuwe ouers te kry, en dus moes ons vir Billie laat skrop vir sy fotosessie.
Die area in New Jersey waar ons bly, huisves hoofsaaklik LatynsAmerikaanse bevolkingslede..kortweg, Hispanics. Hier is paar van hulle handig met Billie se gewassery.
Blink Billie reg vir sy fotosessie. PJ gaan hom op Craigs List adverteer en ons hoop om hierdie week 'n koper in Washington te kry.
Net voor die son gesak het, wou ons net vinnig vir 'n rut gaan deur Manhatten, alhoewel ons beplan om more heel dag daar uit te hang. Hier is paar foto's wat so padlangs geneem is.









No comments:
Post a Comment