Friday, February 26, 2010

Milesburg, PA

Ons het vanoggend weggespring na Berlin, OH toe om te gaan kyk hoe die Amish mense bly. Hulle is orals op die klein plekkies in Indiana en Ohio. Wikipedia beskryf Amish mense as: "The Amish are known for simple living, plain dress, and reluctance to adopt modern convenience". Hulle ry met perdekarre rond en verwerp moderne uitvindsels soos elektrisiteit. Meeste van hulle boer en hulle maak meubels en doen naaldwerk wat hulle aan nie-Amish mense verkoop om aan die lewe te bly. Ek en Celeste kan nie glo so gemeenskap kan in Amerika bestaan nie. Hulle hou nie daarvan om afgeneem te word nie maar Celeste het so hier en daar 'n foto probeer inkry. Hieronder is die Amish restaurant waar ons gaan brekvis eet het met 'n steel foto van die mense wat ons bedien het:

Hierdie is 'n winkel wat van hulle naaldwerk produkte verkoop:

Hier stap ek oor die hoofstraat van die dorpie - redelik gatvol vir die sneeu:

Ons het die res van die dag gery en slaap vanaand in Milesburg, PA. Ons het vanaand in 'n trucker's inn gaan eet met die naam Buckhorn:



Hier is 'n kaart met waar ons nou trek:

View Larger Map

1 comment:

  1. Hi, koud wel, maar sneeu maak mooi fotos. Hou van die yskaatsbaan in nag.

    ReplyDelete