Saturday, February 13, 2010

JFK se sluipmoord: die verdict

Ons was vandag in die Texas School Book Depository waar Lee Harvey Oswald weggekruip het toe hy vir JFK geskiet het. Die hele 6e vloer van die gebou is nou 'n museum met 'n klomp inligting oor wat op daardie dag gebeur het. Die hoekie waarin Oswald weggekruip het is oorspronklik gehou - op die foto hieronder is dit die 2e vloer van bo af en die venster aan die heel regterkant:

Hierdie was die uitsig wat Oswald gehad het:

Die amptelike weergawe van die insident is dat Oswald die enigste skut was en dat hy 3 skote op JFK geskiet het waarvan 2 getref het.

"Conspiracy theorists" het in beginsel twee probleme met die amptelike weergawe:

1. Dit is te moeilik (feitlik onmoontlik) om 'n bewegende teiken op so afstand 2 uit 3 keer te tref; en
2. Die laaste skoot op JFK was 'n kopskoot (die famous videoclip) waarin JFK se kop terugruk asof hy van voor geskiet is.

Ons siening op die bogenoemde:

1. Bollie. My pa het al baie moeiliker raakskote op springbokke wat dwars voor hom verby hardloop geroep en getref. Dit het ek met my eie oë gesien - dis heeltemal moontlik;
2. Die kopskoot moes van voor af gekom het, d.i. daar was nog 'n skut op die "grassy knoll". Sien die geel lyn op die foto hieronder.

Ek verwag nie dat die FBI veel waarde aan ons opinie gaan heg nie maar dit was nietemin baie interessant om iets waaroor die wêreld al die laaste 50 jaar oor bespiegel met jou eie oë te sien!


No comments:

Post a Comment